Help bou vir nou
en vir die toekoms

Wie is die GSDP

Gereformeerde Skool Dirk Postma is ‘n onafhanklike skool in die hartjie van die Moot (Pretoria), wat deur ouers uit die plaaslike kerkgemeenskap gestig is. Die destydse droom om ‘n eie reformatoriese skool te begin waar leerlinge Bybelse onderrig en opvoeding deur roepingsgetroue onderwysers kon kry, het tot dade oorgegaan met 42 leerders en drie onderwysers wat die eerste klein tree getrou in 1986 gegee het.

Deur die jare het die Here telkens groei moontlik gemaak en ‘n kleuter- en hoërskool is by die laerskool gevoeg. Hiér word leerlinge uitstekend toegerus om God uit sy Woord en skepping te leer ken en roepingsgetrou hul toekoms tegemoet te gaan.

Vandag bars die skool uit sy nate, met net onder die 400 leerders en ongeveer 50 personeellede. Die huidige fasiliteite by die laer- en hoërskool moet dringend uitgebrei word en ook moet voorsiening vir groei in die komende jare gemaak word.

Daarom word ‘n enorme projek in geloof aangepak:

GSDP gaan bou.
Vol moed en Rotsvas.

Meer oor die GSDP Boufonds

Die GSDP Boufonds is tot stand gebring om hierdie uitbreiding te fasiliteer en te organiseer. Om gereformeerde
onderrig vir meer kinders moontlik te maak! Om ‘n baken van Lig in ‘n donker wêreld te wees!

Kom bou saam met ons!

Die projek van ongeveer R22 miljoen het in April afgeskop met die bouplanne wat reeds in Junie ingedien is.

Help ons om die oorspronklike droom verder uit te brei sodat die stem van gereformeerde onderwys nog harder en duideliker
in Suid-Afrika en wêreldwyd gehoor kan word. Nie net vir ons kinders en hulle kinders nie, maar vir die nageslagte.

Jy kan op verskillende maniere help bou:

Eenmalige
bydrae

Gereelde
debietorder

Stene-
projek

Ek wil graag maandeliks meer inligting ontvang