GSDP is dankbaar om te kan sê dat die eerste fase van die bouprojek amptelik op 28 Februarie afgeskop het met die hoërskool-perseel wat aan die bouspan oorhandig is.

Bouwmeester-konstruksie gaan oor die volgende ongeveer vier maande die bouwerk aan die westelike blok van die hoërskoolgebou aanpak en voltooi.

Dié werk vorm deel van die eerste fase van die uitbreidingsprojek wat die aanbou van vyf klasse behels. Die projek het ten doel om in die huidige behoeftes van die skool te voorsien en vir groei in die toekoms voorsiening te maak.

Die beplanning word reeds gedoen vir die volgende fase, wat ‘n tweede verdieping by die laerskool insluit.

Indien jy graag ‘n bydrae tot die projek wil maak, klik gerus hier

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *