Ek was ‘n Dirkie in die laer- en in die hoërskool en nou werk ek by Dirk Postma. Dus, drie maal ‘n Dirkie.

Mense vra my gereeld hoekom ek weer teruggegaan het en kies om daar te werk, “wil jy nie bietjie iets anders doen nie?”

Wel, hoekom nie weer teruggaan nie?

As jy ‘n ouer vra hoekom hulle hulle kinders in Dirk Postma sit, sal die rede wees dat hulle hulle doopbelofte wil nakom. Kinders het immers vakke soos Bybel en Kerkgeskiedenis en hulle leer in diepte van die HERE by die skool. As kind besef jy nie altyd die waarde hiervan nie, maar dit is ‘n gawe.

Nou weer die vraag: Hoekom is ek drie maal ‘n Dirkie? 

In Dirk Postma het ek lewenslange vriende gemaak wat dieselfde waardesisteem as ek het. Anders gestel, ek het ‘n ondersteuningsraamwerk (geloofsgemeenskap) rondom my bygekry (buiten my familie en kerkgemeenskap) wat ‘n baie kosbare geskenk is. Dit verruil ek vir niks nie.

Op skool was Dirk Postma ‘n veilige omgewing waar ek my gawes en talente tot eer van die HERE kon uitleef, en nou na skool het ek die voorreg om my roeping as onderwyser  tot eer van die HERE uit te leef.

Na skool wanneer jy “in die wêreld ingaan” of buite die veilige omgewing wat Dirk Postma skep beweeg, besef jy hoe bevoorreg jy was en besef jy die waarde van dit wat Dirk Postma jou geleer het. Jy besef dat dit ‘n skat is wat jy altyd met jou kan saamdra en wat niemand van jou kan wegvat nie. As ek weer moet kies, kies ek Dirk Postma nog drie keer!

Anelda Bouwmeester gee tans Natuurwetenskap en Sosiale Wetenskap vir gr 8 en 9’s by Dirk Postma.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *